Diefstal uit petroleumpypleidings op plase is groot probleem


Boere van die Harrismith-distrik spandeer miljoene rande om sekondêre paaie in stand te hou. Daar is ook ‘n ander uitdaging – die nasionale petroleumpyplyn wat deur plase loop. Dit beteken diefstal van ‘n ander aard. George Galloway, wat vir langer as 15 jaar voorsitter van die Harrismith Distriksboere-unie is, gesels oor hulle uitdagings.

Heinrich Victor van OVK vertel wat by die laaste wolveiling gebeur het.

Bardley Dodds, een van elf kontrakgroeiers vir Noorsveld Chickens in die Jansenville-omgewing, verduidelik wat dié arbeidsintensiewe boerdery behels.