Dís die redes vir die veranderings aan RSG se oggend-programme


Hoe werk die SAUK se geteikende bedryfsmodel?

Ian Plaatjies

Ian Plaatjies, bedryfshoof van die SAUK, verduidelik hoe die openbare uitsaaier se geteikende bedryfsmodel werk, wat die rol van ‘n ‘outydse’ openbare uitsaaier is in ‘n moderne wêreld van tegnologie en gefragmenteerde mediaverbruik, en dat die TV-lisensie nie net vir die TV betaal nie. Gustav Greyling gesels met hom.

https://omny.fm/shows/op-en-wakker/hoe-werk-die-sauk-se-geteikende-bedryfsmodel

 

“RSG neem steeds sy openbare diens-rol ernstig op”

Johan van Rooyen

Johan van Rooyen, hoofbestuurder by SAUK Radio in beheer van strategie vir ‘n portefeulje van stasies, verduidelik die agtergrond vir die openbare uitsaaier se besluite oor veranderings aan RSG se oggendaanbod, en hoe die stasie steeds sy openbare diens-rol ernstig opneem. Gustav Greyling praat met hom.

https://omny.fm/shows/op-en-wakker/rsg-neem-steeds-sy-openbare-diens-rol-ernstig-op-j

 

Op en Wakker het op 8 Aprilsy eerste ’buite-uitsending’ onlangs in SAUK se voorportaal aangebied:

In aksie: Robbie Kruse, Sue Pyler en Johan van Rooyen se voor- of sykante kan gesien word, maar Blaine Jones en Gustav Greyling sit met hul rûe na die kamera.

 

Blaine Jones, Gustav Greyling, Robbie Kruse, en Sue Pyler.

 

Robbie Kruse, Ian Plaatjies, Louise Jooste, Johan Van Rooyen, Graig -Lee Smith, Gustav Greyling, Blaine Jones, Sue Pyler-Slabbert end Andre Kunz (voor).