Luister weer: Dit klink na donderweer is ‘n lighartige familie-komedie


DIT KLINK NA DONDERWEER deur Maria Vos,kom op 16 Desember aan die beurt.

Die drama was ‘n finalis in die RSG/Sanlam radiodrama skryfkompetisie van 2020.

Die verhouding tussen ma’s en dogters is uniek, en soos die jare aanstap verander die verhouding die heeltyd. Dogters raak groot. Ma’s ontdek ‘n lewe onafhanklik van hul kinders. Dit is ‘n kuns om die verhouding suksesvol te bestuur, en genade as ma’s en dogters deur al die jare vriende kan bly.

Dit Klink na Donderweer is ‘n lighartige familie-komedie wat dalk net ‘n klein bietjie hoop kan bring.

Regisseur:    Anrich Herbst

Spelers:        Sofia                          Vicky Davis

                        Heleen                      Susanne Beyers

                        Bernard                    Riaan Visman

                        Janie                          Cintaine Schutte

Vicky, Anrich, Susanne, Cintaine, Maria (skrywer) en Riaan

Video: Vicky en Susanne in die ateljee in Seepunt

Anrich en Cassi in die kontrolekamer.

Die hele spul saam met Cassi en Maria (die skrywer) in Covid-tye.