Doen jy te veel vir jou kind?


Doen jy te veel vir jou kind? Is jy ‘n oorbetrokke helikopter-ma?

Johan van Lill praat met Belinda de Villiers, ‘n opvoedkundige sielkundige, oor hoe om te weet wanneer jy te veel vir jou kind doen. Wat is die verskil tussen oorbetrokke en oorbeskermde ouers, en watter negatiewe impak het hierdie ouerskapstyle op kinders se ontwikkeling.

Is jou reaksie dieselfde as dié van hierdie ouer?

“Goeie dag Johan

RE: PROGRAM 25.10.2018 – Belinda de Villiers, ‘n opvoedkundige sielkundige

 

Vandag se program hoe weet wanneer jy te veel vir jou kind doen en wat is die verskil tussen oorbetrokke en oorbeskermde ouers, en watter negatiewe impak het hierdie ouerskapstyle op kinders se ontwikkeling, het my wind heeltemal uit seile geslaan.

Ek wil amper verklaar: “Ek Linda van Wyk is skuldig!”

Baie dankie vir die die waardevolle informasie.

Ek neem kennis en verander onmiddelik my betrokkenheid.

Groete

Linda van Wyk”