Luister weer: Die shack-bouer en Freedom Farm se mense


Quinton Adams

Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die plakkerskamp Freedom Farm gaan ervaar. Hier het sy vir Lluwellyn Adams alombekend as Ten Thousand en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy sê, ‘n LIVING  maak. Sy het gehoor van die eina’s van die gemeenskap hier, maar daar is ook ‘n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe kruis Haidee se paaie met die opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, oftewel Die Shack-bouer – hierdie man wat hom oor die inwoners van Freedom Farm ontferm en uit sy hart, en meestal ook sy eie sak, vir hulle hutte bou. En, ten spyte van armoede en haglike omstandighede, is hier ook ‘n trots wat die harte van Freedom Farm se inwoners weer laat tjoklits klop. . .

Luister weer na Haidee Muller se dokumentêr Die Shackbouer en Freedom Farm se mense:

Quinton Adams, die opvoedkundige sielkundige, sakeman en dosent wat meestal uit sy eie sak vir mense plakkershutte bou, seën nog ‘n Freedom Farm-inwoner met haar eie houthuisie. Ons probeer om menswaardigheid te herstel en wil net instrumente van hoop wees, sê hy.

Luister ook

Luister hier na ‘n insetsel wat Haidee op 19 Maart gedoen het toe sy met Quinton Adams, die shackbouer gesels het.

Quinton Adams is ‘n sielkundige wat deesdae ook ‘n sosiale entrepreneur is. Hy bou plakkershutte vir haweloses. Haidee Muller wou meer oor hierdie gebore Heidelberger van die Wes-Kaap uitvind, en sy was aangenaam verras oor wat hierdie man alles vir arm gemeenskappe doen. Hulle noem hom The Shackbuilder.

Daar is al berigte geskryf oor die shackbouer.

Valencia Briesies woon al 14 jaar in die plakkerskamp, Freedom Farm. Sy was oorbluf to die Shack-bouer aanbied ‘n ekstra kamer vir haar twee tienerdogters te bou.

Ten Thousand sê hy sal liewer honger bly, maar sy perd, Mojo, moet altyd voer hê, al is moet hy dit met sy laaste sente koop.

Ten Thousand oftewel Luwellyn Adams wys vir Haidee die binnekant van sy plakkershut. Hy sê hy kry die meeste van sy meubels by inwoners van Boston in Bellville.