Dokumentêr: Binne-in ‘n uitsonderlike boksklub in Lenasia


Imran Khan (3 Julie 1966 – 5 Julie 2017)

Luister Donderdagaand om 20:00 na die dokumentêr Uit die Boks geleef – Imran Khan, ‘n man en sy gemeenskap.

Gemeenskapsport is maar een van die maniere om waarde toe te voeg tot gemeenskapslewe, maar ‘n boksklub in Lenasia suid van Johannesburg, het alle verwagtinge oortref. Aman Khan het die klub (die Champions Boxing Academy met takke in Lenasia en Maraisburg) op 1 Junie 1961 gestig, en vandag na drie generasies is die klub steeds bedrywing.

Uit die Boks geleef is ‘n dokumentêre program deur Fritz Klaaste, wat kyk na die klub se aktiwiteite en ook die dryfkrag daaragter, Imran Khan, wat verlede maand op 5 Julie gesterf het.

Luister hier na ‘n klankgreep uit die program:

Vier generasies van die Champions Boxing Academy. Vlnr Raées (pa), Amaan Khan (kleinseun), Imran (oupa) en Aman (oupagrootjie)

Raées Khan en Muhammed Ameen Khan veg sake uit

Lees meer
www.championsblvd.com
Facebook: Champions Boulevard
Twitter: @Championsent