17 Nov: Luister na die spanningsdrama ‘Wie nie wil hoor nie’


Luister 17 November om 20:00 na die spanningsdrama Wie nie wil hoor nie deur Maria Vos, Maria Vos, ’n finalis in die RSG/SANLAM Radiodrama-Skryfkompetisie van 2021.

Die regisseur is Eben Cruywagen.

Die storie
Die baie kunssinnige Janina en die gegoede Anton is saam op skool en is onafskeidbaar. Een middag vra hy haar om vir hom ’n prentjie van hulle streng onderwyseres, Mevrou Steyn, te teken. Anton is gaande oor die karikatuur waarmee sy vorendag kom en wil dit graag as ’n aandenking hou. Janina sou egter nooit kon raai wat Anton met haar stukkie tekenkuns beplan nie…
Die drama speel af tussen die hede, in Engeland, en sewentien jaar in die verlede, in Suid-Afrika. Gebeure in die hede word toegelig deur situasies en gesprekke in die verlede toe beide sentrale karakters, Janina en Anton, matrikulante was.

Dit is ’n heerlike spanningsdrama wat luisteraars enduit vasgenael sal hou. Moet dit nie misloop nie.’n Waarskuwing: Sekere tonele en ván die taalgebruik mag sensitiewe luisteraars aanstoot gee.Die rolle en akteurs

Helmi White (volwasse JANINA),
Rudolph Torlage (volwasse ANTON),
Abigail Kuhn (17-jarige JANINA),
Pieter van Romburgh (17-jarige ANTON) en
Anelle Engelbrecht (MEVROU STEYN)

(AGTER V.L.N.R.: Thato Maphoroma (klanktegnikus), Pieter van Romburgh (die 17-jarige ANTON), Eben Cruywagen (regisseur), Rudolph Torlage (die volwasse ANTON). VOOR V.L.N.R.: Anelle Engelbrecht (JUF. STEYN), Abigail Kühn (die 17-jarige JANINA), Helmi White (die volwasse JANINA).

 

Anelle Engelbrecht (JUFFROU STEYN)

Abigail Kühn (as die sewentienjarige JANINA) en Pieter van Romburgh (as die sewentienjarige ANTON)