Duur landbouchemikalieë; Sitrusproduksie ná swaar reën?


Wat is die rede vir die stygende prys van landbouchemikalieë, en wat word in 2022 verwag? Ons hoor by Schalk Geldenhuys van AECI Plant Health wat die antwoord is.

Inskrywings vir die 2022 SA Suiwelkampioenskappe open op 10 Januarie. Isabeau Botha van Agri-Expo gee meer besonderhede.

Ons hoor by Hannes de Waal van die plaaslike sitruskwekersvereniging of die swaar reën in die noordelike dele van die land produsente kan affekteer.