Ebola en ander bloedingsiektes


Het jy geweet Ebola-koors is die dodelikste en aansteeklikste koorssiekte bekend aan die mens? Al is die grootste uitbreking van die siekte ooit, aan die woed in Wes-Afrika en dit ver klink, is dit net ‘n vliegrit van Suid-Afrika af. As iemand met die eerste simptome van Ebola-koors op ‘n vliegtuig na Suid-Afrika kom –soos wat met die vorige groot uitbreking in die Kongo gebeur het en die lewe van ‘n niksvermoedende Suid-Afrikaanse verpleegkundige geëis het – is die dodelike virus in ons midde. Ons kyk ook na ander koorssiektes wat bloedings veroorsaak en na die winter se griep, wat baie vinnig die longe aantas.