Só ontwikkel die mens se brein: van embrio tot jong kind


Hoe ontwikkel die mens se brein?

Het jy geweet dat die fondasie-deel van die embrio se brein binne vier weke ná bevrugting ontwikkel is? En dat een deel van die brein na die ander oopgestel word vir ontwikkeling soos wat die baba, die kleuter, die tiener en die volwassene dit nodig het vir oorlewing? En dat die ontwikkelende brein baie vatbaar is vir skade?

Die ‘terrible two’s’ vind plaas wanneer die kind alles vir homself wil allokeer, maar nie weet hoe nie. Dit gaan gepaard met ‘n spesifieke ontwikkelingstadium van die brein.

Ons leer ook verstaan hoekom tweejariges vloermoere gooi. Dis alles deel van die ontwikkeling van die brein.

Kyk na die interessante sketse en video’s van die ontwikkeling van die brein van embrio tot volwassene wys:

So vorm die neuraalbuis uit die buitenste ektoderm van die embrio

Só ontwikkel die baba se brein voor geboorte

Nog ‘n voorstelling van die ontwikkeling van die brein voor geboorte