Geloof wat Grondvat terug op lug


Flip Loots in die ateljee

Die gereelde program GELOOF WAT GRONDVAT begin met ‘n nuwe reeks op Sondagaand, 2 Oktober 2022, net na die seweuur nuusflitse. Praktiese vrae wat kerkmense vra word bespreek, soos:

  • Hoe verstaan ‘n mens God?
  • Waarom keer Hy nie dat van sy kinders vermoor word nie?
  • Waar is God wanneer ek terminaal siek lê?
  • Waar gaan ek heen na my dood of hou ek net op bestaan?
  • Hoe wil God hë dat ek die lewe moet geniet?
  • En nog heelwat meer.

Die aanbieder is Flip Loots wat elke aand ‘n kundige uitnooi om saam te gesels. Hy word bygestaan deur prof. Christina Landman wat as konsultant in elke program haar opininie oor die onderwerp gee.

Die program word regstreeks uitgesaai en luisteraars se vrae per SMS’s word deur die loop van elke uitsendiging behandel.

Prof Christina Landman (regs) by dr. Isak Burger.