Ingrypende operasies sonder om skedel oop te saag


Kan jy jou indink: ’n breinoperasie met instrumente deur die neus en langs en bokant die oog? Sonder enige snitte aan die skedel? En ’n pasiënt wat twee dae later huis toe gaan?

Transorbitale chirurgie1

Prof Darlene Lubbe (regs) kyk op die rekenaarskerm bokant die pasiënt se kop na die veld waar sy opereer.

Marí Hudson praat met Prof Darlene Lubbe, hoof van oor-, neus- en keelkunde aan die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur Hospitaal, wat baanbrekerswerk doen op die gebied van operasies deur die neus en oogkas om by gewasse agter die oog uit te kom, sonder dat die pasiënt blind word of om verdere skade te berokken.