Het ek ‘n rugoperasie nodig?

Prof Ian Vlok in die US Mediese Skool se indrukwekkende vaardigheidslaboratium met verskeie nagebootste teaters
Eina my rug!
4 uit elke 5 mense ondervind een of ander tyd in hulle lewe pyn in die laer dele van hulle rug. Wat is die oorsake? Want meestal is dit net spierkontraksies wat met spierverslappers en anti-inflammatoriese middels en fisioterapie behandel kan word.
Wat is die rooi vlae wat verder ondersoek moet word? Wanneer is ’n rugoperasie die beste opsie?
Mari Hudson gesels met Prof Ian Vlok, hoof van neurochirurgie aan die Universiteit van Stellenbosch se mediese skool en die Tygerberg Hospitaal om antwoorde op dié vrae te vind.
Luister hier na die program, Deel 1: https://omny.fm/shows/gesondheid/gesondheid-19-januarie-2022
Hoe suksesvol is laerrug-operasies? Wat van nuwer tegnieke? Kan jy self iets doen om jou rug te versterk? Mari Hudson gesels met Prof ian Vlok oor laerug-probleme en -operasies.
Luister na deel 2:
Jou werwelkolom
Wat kan laer rugpyn veroorsaak?
- Akute pyn weens ‘n besering soos ‘n stamp in ‘n ongeluk, of ander trauma
- Spiersametrekkings moontlik weens ‘n verkeerd manier van sit, staan of loop, en swak ‘core’ spiere
- Langdurige skade aan die werwels en die tussenwerwelkussingkies weens ouderdom, osteo- of rumatoïede artritis
- Swak postuur, swak core spiere, groot maag
Rooi Vlae
- Atipiese pyn – agterste borskaspyn – dalk infeksie of tumor
- Nagpyn
- Pyn na trauma
- atipiese ouderdom: jonger as 20 en ouer as 70
- uitvalle weens senuweepyn, spiere in boud en been en voet, ook blaas of opelyf uitvalle

As die tussenwerwelkussing uitdruk teen die senuwee (algemeen bekend as ‘n herniated disc) word nuwe ruimte geskep deur die agterste middeldeel van die werwel te verwyder

As meer as een tussenwerwelkussing beskadig is en die werwelkolom is onstabiel.moet ‘n fusie gedoen word en twee werwels met been aanmekaar geheg en met skroewe gestabiliseer.
Hoe weet jy watter rugsenuwees is aangetas?