Het kinderverhale nog ‘n plek?


Het verhale, wat van ons lesers gemaak het, soos Liewe Heksie en Huppelkind, nog ‘n plek in Afrikaanse kinderharte? Beslis, sê Magdel Vorster, ‘n kinderboekkenner wat hierdie verhale self beproef het op ‘n klompie kinders. Johan Myburg gesels oor die wenner van die Womens’ Prize for Fiction (THE SAFEKEEP), die Walter Scott-prys vir historiese fiksie, en ‘n nuwe boek deur Taylor Jenkins Reid.