Heup nou vervang met bikini snit van voor


Dr Callie Ackerman

Heupvervangings kan nou met ’n bikini-snit van voor op die heup gedoen word, pleks van deur die boud. Die pasiënt het minder pyn omdat aan minder spiere gekarring word en is binne ‘n dag weer op die been en binne 2 tot 3 dae weer tuis.

Luister Woensdag 10 Julie om 11:30  na Gesondheid op RSG. Marí Hudson gesels met Dr Callie Ackermann, ’n ortopediese chirurg, oor dié aangepaste metode vir heupvervangings.