Hoe gaan ‘n reusagtige sonseil in die ruimte ontplooi word?


Ons hoor van ’n onlangse besoek van Jim Adams aan Suid-Afrika, Matie Hoffman aan Kaapstad en Willie Koorts aan Namibië.  Hulle bespreek twee interessante ruimtesendings – een waar ’n miljardêr in samewerking met SpaceX, vir ’n privaatsending wil betaal om die Hubble Ruimteteleskoop te diens om sodoende weer sy lewe te verleng. Ons gesels ook oor ’n nuwe sonseil, so groot soos ’n woonstel, wat onlangs lanseer is en binnekort sal ontplooi.