Hoe help ek my tiener se oorgang tot volwassene?


Hoe help ek my kind se oorgang van kind tot volwassene? Dit is nou daardie tyd van die jaar waar soveel gesinne gereed maak vir boetie of sussie wat verder moet gaan studeer of nou afstudeer, en die nessie raak al hoe leër.

Johan van Lill praat met voorligtingsielkundige Xandria Louw oor die vrees wat by baie ouers bestaan of hulle kinders dit in die regte wêreld sal maak.