Hoe het GPS-geleide stropers in VSA die pad byster geraak?
Dr. Stefan Lotz praat oor ruimteweer, en hoe dit gebeur het dat Amerikaanse boere $500-miljoen skade gely het omdat hul GPS-geleide stropers die pad byster geraak het.
Asteroïde-kenner dr. Nic Erasmus, praat oor hoe Vera C. Rubin die ontdekkings deur die ATLAS-netwerk sal beïnvloed, oor ’n nuutontdekte besoeker uit die buitenste ruim, wat binnekort deur ons sonnestelsel sal blits.