Hoe kan DNS toetse my help?


Kan ek my DNS/gene laat toets om vas te stel watter dieet ek moet volg? Wat kan genetiese toetse van my verklap en hoe kan dit my help? Wat is die effek van die omgewing op my gene? Kan dit gemeet word? Kan ek iets aan die effek van die omgewing op my gene doen?

In Gesondheid op RSG gesels Marí Hudson met dr Rika Pienaar, ’n kankerspesialis van Cancercare in Panorama, Kaapstad, oor die verskillende soorte genetiese toetse en ons gebruik borskanker as ’n voorbeeld.

Ons kyk ook na DNS toetse vir diëte, soos bv die Sirtfood dieet wat die sg ‘skinny gene’ aanskakel. Maar bestaan daar ooit só ‘n geen?