Hoe kan koalisie-politiek slaag?


Vasco da Gama kon toe nie sy reis voltooi nie. Dis nou die hedendaagse Speaker van die Johannesburgse metroraad, nie die seevaarder van ouds nie. Da Gama is sy amp kwyt ná ‘n plan wat gesmee is tussen die ANC, EFF en ander opposisiepartye in die metro. Dit het veral die minderheidsregering van die DA-burgemeester, dr. Mpho Phalatse, geruk omdat raadslede binne die koalisie teen hulle eie partye se wil gestem het om Da Gama as Speaker te kelder.

Dr. Corné Mulder van die VF+ is een van die hoofonderhandelaars van Suid-Afrika se koalisieregerings, en sluit by ons aan om te praat oor hoe belangrik dit is om koalisiepolitiek te laat slaag.