Hoe werk herlewingslandbou?


Herlewingslandbou word voorgehou as die praktyk om boerdery volhoubaar te maak, maar wat gebeur ná die oorgang na herlewingslandbou? Is die boerdery onmiddellik meer volhoubaar en winsgewend? Nic van Schalkwyk van Restore Africa Funds beantwoord hierdie vrae. Hy was die hoofspreker by ’n Fresh Solutions-geleentheid op Stellenbosch.

Die toepassing van volhoubare wolstandaarde word ook onder opkomende en kommunale wolprodusente bevorder. Chris Wilken van Furilex verduidelik hoe die proses werk, en ‘n produsent van Lady Grey in die Oos-Kaap, Dintle Maphala, gesels oor die verskil wat dit in haar lewe maak.