Retinale loslating MOET onmiddellik behandel word


Retinale loslating is ‘n noodgeval en moet onmiddellik behandel word. Maar wat is retinale loslating en hoe word dit behandel?

Voorts word ’n mens altyd gewaarsku oor die komplikasies van diabetes wat nie goed beheer word nie. Een van dié komplikasies is Diabetiese retinopatie, wat beteken dat die retina aangetas word. Maar hoe gebeur dit?

En wat van makulêre degenerasie?

Marí Hudson gesels met Dr Carina Slazus, oogheelkundige by Panorama Mediclinic en die Kaapse Ooghospitaal oor diabetiese retinopatie en die verskillende soorte makulêre degenerasie.

Luister op 21 Junie na Gesondheid op RSG.