Hoekom beweeg Andromeda nader aan die Melkweg in ‘n uitdyende heelal?


Teleskope was tradisioneel aardgebonde. Dis eers heelwat later dat ruimteteleskope soos die Hubble, die Kepler en Chandra om die aarde begin wentel het om waarnemings te doen. Nou word fyner gewerk aan die moontlikheid om teleskope met balonne op te stuur om waarnemings bo die atmosfeer te doen.

Daar word ook gepraat oor die heelal wat uitdy, met ander woorde alles beweeg weg van mekaar af. Nou hoor ons egter dat ons buursterrestelsel, Andromeda, stadig besig is om nader aan ons Melkweg te beweeg. Wat beteken dit?