Hoekom ruik en proe melk soms vreemd?
Daar is verskeie redes waarom vreemde reuke of smake in melk voorkom. Jompie Burger van die SA Suiwelstandaardagentskap verduidelik waarom dit soms gebeur, en verseker verbruikers dat dit nie skadelik vir die mens is nie.
Nick Serfontein van Sernick Bonsmara gesels oor die aanbod vir hulle 47ste produksieveiling op 6 Junie.
En dis weer tyd vir ons maandelikse internasionale landbounuus.