Hoekom sukkel koalisies so?


Die koalisie-chaos in die Johannesburg-metro het nou ‘n punt bereik waar nie-regeringsorganisasies soos OUTA, Defend Our Democracy en die Ahmed Kathrada-stigting aan Cyril Ramaphosa ‘n brief geskryf het om in te gryp.

Johannesburg is die rykste stad in Afrika, en die metroraad moet ‘n begroting van byna R81 miljard bestuur. Die verval van die stad haal nuusblaaie wêreldwyd.

Hoekom werk koalisies nie? En dis nie net Johannesburg nie. In Ekhuruleni en Tshwane baklei koalisievennote net so erg.

Ons praat hieroor met dr. Mpho Phalatse, voormalige burgemeester van Johannesburg.