Hoekom val so baie mense vir swendelskemas?


Die vermeende Ponzi-baas, Louis Liebenberg, boer in koerante en op nuuswebwerwe. Daar’s ook die Bernie Madoff-dokumentêr op Netflix, en skemas soos Crowd-1 en Mirror Trading International, of MTI soos dit bekend staan.

En wie sal die Namakwalandse vrotmelkkoning, Adriaan Nieuwoudt, en Marietjie Prinsloo en haar Krionskema vergeet? Bedrieglike skemas is so oud soos die mensedom self. Die naam, Ponziskema, verwys na Charles Ponzi ‘n swendelaar uit die vroeë 1900’s.

Telkens word die skemas en die mense wat dit bedryf, ontmasker as swendelaars, maar telkens stort mense hulle geld, dikwels hulle laaste geld of pensioen, in hierdie skemas in. Hoekom?

Om met ons hieroor te gesels sluit Ryk van Niekerk, redakteur van Moneyweb en aanbieder van RSG Geldsake, en Inge Kühne, redakteur van Rapport, by ons aan. Albei van hulle het oor die jare al baie berig oor swendelskemas.

Persoonlikhede van swendelaars en psigopate