Hubble sien ster raak wat 12,9 miljard ligjare weg is


Daar is bekend gemaak dat die Hubble-ruimteteleskoop die verste ster ooit raakgesien het. Die ster, Earendal, is 12,9 miljard ligjaar van ons af weg, met ander woorde dit neem lig 12,9 miljard jaar om die aarde te bereik! Die span verduidelik hoe dit moontlik is om ‘n ster op so ‘n groot afstand te sien.

‘n Amateur sterrekundige het ook daarin geslaag om die Internasionale Ruimtestasie af te neem terwyl twee bemanningslede besig was met ruimtewandelings.

Kyk na die onderstaande video’s en lees meer: https://www.sciencenews.org/article/star-most-distant-farthest-earendel-light-hubble