As jy eendag pa wil word, los die anaboliese steroïede nou


Dit is ‘n ope geheim dat heelwat hoërskool-rugbyspelers, veral eerstespanspelers, anaboliese steroïede gebruik, soms met die wete en ondersteuning van die seun se ouers.

Die seun mag wel pragtige spiere ontwikkel en ‘n barshou rugby speel, maar as hy eendag pa wil word, mag hy dalk lang trane huil, want testosteroon-bevattende sportaanvullings kan ‘n gespierde jongman se spermtelling tot zero kan laat daal – vir altyd. Infertileit by mans weens anaboliese steroïed gebruik is een van die moeilikste infertiliteits-oorsake om te behandel en om te keer, het ‘n fertiliteitspesialis verduidelik.

Ons kyk na infertiliteitsprobleme by mans, die oorsake, hoe ‘n goeie spermsel moet lyk en beweeg en hoe dié mans gehelp kan word, want met die nuutste tegnieke kan selfs mans met uiters lae tellings pa kan word – as sy vrou nie te oud is nie!

Luister Woensdag 14 Junie na Gesondheid op RSG. Prof Thinus Kruger van die Aevitas kliniek in Kaapstad, vertel meer.