Ingrypende operasies sonder om skedel oop te saag


Transorbitale chirurgie14

Prof Darlene Lubbe, moeder van transorbitale chirurgie in die wêreld.

Kan jy jou indink: ’n breinoperasie met instrumente deur die neus en langs en bokant die oog? Sonder enige snitte aan die skedel? En ’n pasiënt wat twee dae later huis toe gaan?

Marí Hudson praat met Prof Darlene Lubbe, hoof van oor-, neus- en keelkunde aan die Universiteit van Kaapstad en die Groote Schuur Hospitaal, wat baanbrekerswerk doen op die gebied van operasies deur die neus en oogkas om by gewasse agter die oog uit te kom, sonder dat die pasiënt blind word of om verdere skade te berokken.

Hier is enkele foto’s wat tydens operasies geneem is

Transorbitale chirurgie1

Prof Darlene Lubbe (regs) kyk op die rekenaarskerm bokant die pasiënt se kop na die veld waar sy opereer. Die tweede skandeerskerm is links in die voorgrond.

Transorbitale chirurgie2

Die operasieveld kan op die groot skerm gesien word. Prof Lubbe is regs.

Transorbitale chirurgie 3

Die span is ene konsentrasie met oë op die skerm om die operasieveld in vergroting te sien.Prof Lubbe is tweede van regs.

Transorbitale chirurgie 11

Die boonste rooi pyl dui aan hoe die linkeroog na vore uitbult. Die onderste rooi pyl dui aan waar die gewas/weefsel is wat verwyder moet word.

Transorbitale chirurgie 12

Die twee skerms wat die chirurge voortdurend dophou is die vergrote operasieveld (regs bo) en die skanderingsveld (links voor) om die posisie van die instrumente in terme van die oog en brein en ander strukture waar te neem.

Transorbitale chirurgie 6

‘n Pasiënt se oë peul erg uit weens tiroïedwanfunksie.

Transorbitale chirurgie 7

Dieselfde pasiënt ná die operasie.

transorbitale chirurgie 8

Geen littekens nie.

Transorbitale chirurgie 8

Hier kan gesien word hoe die instrumente deur die neus en langs die oog ingeplaas word.

Transorbitale chirurgie

Die posisie van die instrumente kan gesien word.

Transorbitale chirurgie 9

Een van die instrumente word deur ‘n klein snit aan die binnekant van die oog ingeplaas.

Transorbitale chirurgie 10

In van die gevalle word ‘n klein snit in die ooglid gemaak om bo-oor die oog agter die oog uit te kom sonder om die oogspiere seer te maak om so te keer dat die pasiënt nie dubbelvisie ontwikkel nie.

Lees meer: https://www.iol.co.za/lifestyle/health/surgery-technique-a-first-in-the-world-7694586