Is alle psigopate gevaarlik?


Daar word gereeld na mense verwys as psigopate of sosiopate. Maar wat beteken dit regtig om diagnoseerbaar te wees met ‘n anti-sosiale persoonlikheidsverteuring? Is so ‘n persoon gevaarlik? Kan hulle suksesvolle verhoudings handhaaf? Hoe affekteer hulle die mense om hulle?

Luister ook: Hoe beskryf ‘n forensiese psigiater narsiste en psigopate

Met die eienskappe van ‘n Narsis en ‘n pisgopaat wat baie ooreenstem, is dié kykie na psigopate insiggewend.

Alle psigopate is nie moordenaars of verkragters nie. Hulle kom in verskeie vorms – Die sjarmante man wat hom nederig hou en jou oortuig dat jy hom geld moet leen vir sy nuwe, grandiose geldmaakplan en dan met jou geld verdwyn, of die sakeman wat elke jaar nog tien present van sy werknemers laat afdank vir groter winsgrense, of die goedversorgde vrou met die sagte stem wat almal so perfek om haar pinkie draai dat niemand agterkom dat sy almal manipuleer nie, is almal psigopate. Wat is die eienskappe van ‘n psigopaat? Word mens so gebore or so gemaak? Kan mens verander? Marí Hudson het in Gesondheid op RSG met ‘n forensiese psigiater gesels om die vrae te beantwoord.

Moenie self iemand diagnoseer nie. Die diagnose MOET deur ‘n psigiater gemaak word.