Is Betelgeuse oppad na supernova-ontploffing?


Betelgeuse

Kyk hoe klein is ons son in vergelyking met Betelgeuse.

Een van die groot sterre in die ruimte, Betelgeuse, toon eienaardige gedrag. Daar word bespiegel dat dit dalk die begin van ‘n supernova-ontploffing kan wees.

Dr. Japie van Zyl van Hydrosat praat oor die moontlikheid dat iets soos ‘n ruimtetuig teen die Internasionale Ruimtestasie kan bots, en wat die gevolge sou wees.

Daar is ook inligting oor die maan wat blykbaar vroeër in sy bestaan nader aan die aarde was as wat dit nou is. ‘n Luisteraar wil weet of die nader afstand van die maan nie ‘n effek op die aarde se oseaangetye sou hê nie.