Is Cyril in die sop oor valutabeheer?


Antwoorde word van pres. Cyril Ramaphosa geëis oor hoekom daar so baie kontant in ‘n buitelandse geldeenheid in sy plaashuis was, waar ‘n rooftog twee jaar gelede plaasgevind het nadat hy wild verkoop het.

Ekonoom Dawie Roodt verduidelik hoe Suid-Afrika se streng valutabeheermaatreëls werk, en hoekom die president dalk in die sop sal wees hiervoor.