Is die tuismeng van veevoer ooit die moeite werd?


In Suid-Afrika is die tuismeng van veevoer ‘n algemene praktyk, maar is die kool die sous werd? Alheit du Toit van Feedtek kyk na die voor-en nadele van dié praktyk. Somergraanaanplantings kom ook onder bespreking met Petru Fourie van Graan SA. Veilings het vandeesweek hervat, en Chris Derksen vertel watter pryse by veilings in die Noord-Vrystaat behaal is. Johan van den Berg gesels oor die weer.