Ja, daar is vordering in kankerbehandeling


Kanker bly wêreldwyd een van die hoofoorsake van dood, met miljoene mense wat jaarliks gediagnoseer word. Met voortgesette navorsing en mediese deurbrake weet ons meer van kanker met beter behandelingsopsies en gunstige resultate. Op Wêreldkankerdag praat ons oor die vordering wat gemaak is en die belangrikheid van ‘n tweede mediese opinie.

Dr Johann Riedeman, onkoloog verbonde aan Cancercare by Cape Gate in die Wes-Kaap, vertel meer in Praat Saam.