Jou laaste kans om met RSG-Beeld-Kinderfonds te wen


Sover is sowat R 650,000 ingesamel met die RSG-Beeld-Kinderfondsprojek. Verlede jaar was meer as R1.3 miljoen in totaal ingesamel met die projek, het Adrie van Staden, Uitvoerende Beampte  van die Beeld-Kinderfonds laat weet.

Die sluitingsdatum is 2 November en die wenner word op 5 November getrek. Die trekking vind plaas deur ‘n ewekansige rekenaartrekking. Alle inskrywings, ongeag of dit per sms of bankinbetaling gedoen is, of ‘n kaartjie gekoop is, het almal ‘n gelyke kans. Die data van al hierdie inskrywings word op een Excel-bladsy geplaas en die wenner word bepaal deur ‘n rekenaarprogram wat ‘n lyn kies. Die selfoonnommer wat teenoor die bepaalde lyn verskyn is dan die wenner.

Die wenner sal telefonies gekontak word en Willem Pelser sal gedurende Spitstyd die wenner aankondig en telefonies met hom/haar gesels.

Jy kan deelneem deur ‘n sms met die woord: KINDERS te stuur na 41511. Jy kan ook direk in Beeld-Kinderfonds se bankrekening betaal: ABSA, nr 2840 157 329. Gebruik jou selfoonnommer as verwysing.

Die geld wat ingesamel word, word onder meer gebruik om aan terapie en berading te verskaf aan getraumatiseerde kinders, hulp aan kleuterskole in arm gemeenskappe, sodat meer arm kinders die skole kan bywoon. Hulp aan kinderhuise ten opsigte van terapeutiese dienste en huiswerkhulpprogramme. Ons ondersteun ook vele gemeenskapsprojekte waar kinders ontwikkelingsprogramme bywoon.

Kontakebesonderhede:

E: info@beeldkinderfonds.co.za

Website: www.beeldkinderfonds.co.za

Facebook: https://www.facebook.com/Beeld-Kinderfonds-286782468069605/