Hou jy van RSG se musiek?


Musiek is nie sommer net musiek nie. Nie op RSG nie. Verlede jaar het ons besluit om die musiek wat deur die loop van die dag op RSG gehoor word, te verander. Die klank wat ons wil hê, is volwasse kontemporêre musiek wat die gemiddelde luisteraar goed sal laat voel. Musiek wat nie ooglopend irriterend klink nie, maar wel met ‘n gawe ritme en wysie. Van Augustus af het ons begin om die weeksdag-musiek aan te pas en beter te skeduleer.

Ons het onlangs ‘n opname gedoen  oor die musiek wat luisteraars graag na wil luister.

Buiten die weeksdag-musiek, is RSG is een van min, moontlik die enigste radiostasie nie, wat ‘n wye spektrum van spesialismusiekprogramme saamstel en uitsaai. Ek dink nou aan country, opera, klassieke musiek, boeremusiek, jazz, blues, wêreldmusiek, dansmusiek, gospel, gewyde musiek, koormusiek, kletsrym, popmusiek, rock ens. Hierdie spesialismusiek is uiteraard nie gerig op die gemiddelde luisteraar nie, maar om ook vir luisteraars met ‘n spesifieke spesialis-musieksmaak te akkommodeer.

Op die ritme van ‘n walsie, bestudeer ons nou op jou terugvoer.