Jou tiroïed: Het jy genoeg petrol in jou enjin?


thyroid’n Klein skoenlappervormige kliertjie in jou keel bepaal hoeveel petrol in jou enjin is. Sowat een uit tien mense ouer as 40 se tiroïed werk nie reg nie. As dié wanfunksie nie gediagnoseer en behandel word nie, kan dit enersyds tot lewensmoegheid en andersyds selfs tot jou dood lei.

Marí Hudson gesels met dr. Marius Wasserfall, spesialis internis by Mediclinic Panorama, gesels oor tiroïed wanfunksie.

Agtergrond-inligting

Onderaktief en ooraktief

Onderaktief
As die tiroïed se min hormone afskei – T3 en T4 – voel jy moeg, jou hart klop stadiger en jou liggaamsmetabolisme is stadiger sodat jy makliker gewig optel. Die persoon kan ook depressief voel. Jy kry dalk gouer koud. Jou hare breek maklik. Jou vel kan gryserig lyk. Jy kan hardlywig wees. Jou gesig kan pofferig wees. Dit is Hashimoto se siekte.

Dis belangrik om daarop te let dat baie mense met ‘n onderaktiewe tiroïed se T3 en T4 vlakke hoog normaal moet wees voordat die TSH vlakke die normale perke bereik. Om medikasie te neem sodat die T4 vlakke bloot laag of middel normaal is, is dikwels nie voldoende nie.

8ccc36d090416b733e745cfe5e057790

Ooraktief
As jou tiroïed te veel hormone afskei, wil jou oë uitpeul, jou hart klop te vinnig en jy sweet maklik. Jy kry maklik warm. Jy is angstig. Jy tel maklik gewig op. Jy kan kropgeswel hê. Dit is Graves se siekte.

 

 

Vergrote tiroïed bekend as goiter

can-you-get-pregnant-if-you-have-overactive-thyroid-660x400

thyroid-symptoms

Faktore wat die tiroïed kan aantas

  • Inflammasie en outo-immuun reaksies
  • Virale infeksie
  • Mense met lae funksie het meer medikasie in swangerskap nodig
  • Sommige hartritme-medikasie

Die verband tussen jou tiroïed en jou hipofise
Die hipofise is ‘n orgaan in die brein wat verskeie hormone afskei, onder meer TSH (tiroied stimulerende hormoon). Die TSH stimuleer die tiroïed om T3 (tri-jodo-tironien) en T4 (tiroksien) af te skei.

hypothyoidism-what-experts-suggest-img2

Thyroid Hormones

thryoidpituitary15533191_sDink aan die hipofisie as die voorman en die tiroïed as die werker. Die voorman vra die werker om te werk, deur TSH af te skei. As die werker fluks werk, en genoeg T3 en T4 afskei, hoef die baas nie harder te skree en meer TSH af te skei nie. As die werker egter nie voldoende werk nie, moet die voorman al harder skree en al meer TSH afskei om harder werk. Maar as die werker steeds nie sy kant bring nie, moet die hipofise nog meer TSH afskei.

As die werker baie hard werk, raak die voorman stiller sodat alles weer in balans kan kom.

Die negatiewe terugvoer meganisme om die balans tussen TSH en T3 en T4 te handhaaf.

Die negatiewe terugvoer meganisme om die balans tussen TSH en T3 en T4 te handhaaf.

Untitled1Die tiroïed kan beskryf word as ‘n graan silo, met ‘n enkel-uitloop. Maar as inflammasie, virus-infeksies en ander faktore gate in die silo skiet, loop al die vervaardigde hormone uit. Dan kry jy vinnige ooraktiwiteit en dit gaan oor na onderaktiwiteit. Dit neem verskeie weke en selfs maande vir die tiroïed om weer voldoende hormone te vervaardig.

Lees meer oor tiroïedfunksie

© Mari Hudson