Jy het mynregte nodig om sand te ontgin


Het jy geweet jy het ‘mynregte’ en toestemming van die staat nodig om sand op jou eie grond te ‘ontgin’? Of dat daar verskillende soorte sand is, soos bousand, pleistersand en as dit baie silika bevat, kan glas daarvan gemaak word?

Dít is enkele van die feite wat in ‘n baie insiggewende Regsake-program aan die lig gekom het. Regskenner Graeme Polson, spesialis in bankreg en kommersiële reg, het by Ian Wessels en Igna Klynsmith aangesluit vir ‘n regstreekse uitsending.