Kameelperd, Disa en luiperd kan uitsterf


Al meer diere- en plantspesies is onder ernstige druk. Renosters, olifante, walvisse,jagluiperds, leeus, die Knysna seeperdjie, verskeie paddaspesies is enkele van die spesies wat binne die volgende 40 tot 100 jaar nie meer in die natuur sal voorkom nie. Daar is egter ander spesies ook onder druk, waaronder kameelperde, luiperds en die Disa plant.

Stel jou ‘n wêreld sonder dié diere voor.

 

Kameelperde in Ithala, KZN

Kameelperd op rand van uitsterwing
Navorsers by die Universiteit van die Vrystaat het pas ‘n manier gevind om kameelperde moontlik van uitsterwing te red. Kameelperd getalle is besig om drasties te daal weens hulle habitat wat vernietig word en die genietiese poel wat al kleiner word.

Francois Deacon van die Universiteit van die Vrystaat het by die pas afgelope Oppenheimer en De Beers navorsingskonferensie gepraat oor ‘n metode om die genetiese poel van kameelperde te vergroot.


Disa uniflora – op Tafelberg

Disa kan uisterf as skoenlappergetalle verder daal
WP-ondersteuners gaan skouer aan die wiel moet sit om die Tafelbergprag- skoenlapper te bewaar, anders sal die Disa – die embleem van die rugbyspan is – dalk heeltemal verdwyn.

Renier Terblanch, ‘n navorser vir De Beers, sê skoenlappers speel ‘n baie belangrike rol in die omgewing..

Suid-Afrikaanse luiperd

Luiperds in Mpumalanga onder druk
Daar is reeds tekens dat verskeie luiperd-bevolkings in Mpumalanga op die rand van uitsterwing staan.

Dit is van die bevindinge wat die hoof dierewetenskaplike van die Mpumalanga Toerisme en Omgewingsdepartement, Gerrie Camacho, bekend gemaak het by die 9de Oppenheimer-de Beers groep Navorsings konferensie in Johannesburg. Camacho sê dit is veral strikke wat deur gemeenskappe gestel word, wat luiperds vrek maak.