Kameelperd kan leeu doodskop


Kameelperde is gevaarlik en rooivalke se vluggedrag word in Hoe verklaar jy dit? bespreek.

Het jy geweet ‘n kameelperd kan in alle rigtings skop, kragtig genoeg om Oom Leeu dood te skop of selfs te onthoof as hy regtig wil? Hoe eet ‘n kameelperd dorings sonder dat sy tong iets oorkom?

Studies het getoon dat van die 200 000 rooivalke wat bering is sedert 1948, is net 3 ringe teruggekry. En van Dave se 550 rooivalke wat bering is, is een teruggekry. Sal ‘n wyfie van Moskou na Suid-Afrika vlieg, verlief raak op ‘n mannetjie van Madrid en saam met hom Spanje toe vlieg?

Savel Daniels en Dave Pepler beantwoord die vrae.

Kyk na dié video hoe ‘n kameelperd leeus skop