#4, #5: Kankermedisyne is te duur


Marlinée Fouché.

Indië is die grootste vervaardiger en uitvoerder van generiese medisyne in die wêreld.

Kankermedikasie en ander lewensnoodsaaklike medisyne is baie duur in Suid-Afrika. Waarom? En is daar enigiets wat gedoen kan word om medisyne meer  bekostigbaar te maak in Suid-Afrika? Marlinée Fouché het onlangs danksy ‘n studiebeurs van Dokters sonder Grense en verder op haar eie inisiatief Indië – die mekka van generiese medisynevervaardiging in die wêreld en ook die grootste uitvoerder van generiese medisyne – besoek om meer uit die vind oor goedkoper generiese medisyne, en hoe hulle die greep van farmaseutiese maarskappy se patentregte gebreek het. Luister na haar ondersoekende reeks in 5 aflewerings oor intellektuele eiendom en goedkoop generiese vs duur kankermiddels op Monitor & Spektrum.

Deel 1: 28 November 2019 Waarom betaal ons so duur vir lewensnoodsaaklike medisyne in Suid-Afrika?

Betogers voor J&J se kantoor in Indië betoog vir goedkoper TB-medisyne.

Suid-Afrika is een van die lande in die wêreld met die strengste wetgewing wat intellektuele eiendom, veral op mediese vlak, betref. Die land is in die proses om sy wetgewing aan te pas, wat groot farmaseutiese maatskappye in uitsonderlike gevalle kan dwing om pryse te verlaag, of om toe te laat dat generiese rolspelers betrokke raak. Dit gaan egter, na verwagting, eers in 2021 in werking tree. Intussen word toegang tot medikasie wêreldwyd siekte per siekte aangepak, en dit is, volgens verskeie aktiviste en rolspelers, nie goed genoeg nie. Marlinée Fouché berig meer mense eis ‘n beleidsverandering…..

Deel 2: 29 November 2019 Frustrasie oor duur kankerbehandeling in Suid-Afrika

Laboratoriumtoetse

As deel van ons reeks oor Intellektuele eiendom en die toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie, word die klem vanoggend op kankerbehandeling geplaas. Suid-Afrika se wetgewing oor die beskerming van intellektuele eiendom, word gewysig om onder meer toegang tot generiese produkte te vergemaklik. Intussen is daar stééds Suid-Afrikaners wat daagliks nié sekere medikasie of behandeling kan bekostig nie, terwyl dit in Indië dieselfde kos as sigarette.

Deel 3: Saterdag 30 November 2019 Dokters waarsku dat nét wetgewing alleen nie die oplossing is nie

In dié been van ons reeks oor intellektuele eiendom en toegang tot goedkoper medikasie, kyk ons wat gebeur wanneer ‘n nuwe middel die mark tref. Ons fokus onder meer op Bedaquiline en Delaminid, wat van die nuwe middels is in die stryd teen meervoudige middelweerstandige TB. Marlinée Fouché berig dat die bekendstelling van nuwe middels nie veel beteken, as verskeie ander faktore wat deel vorm van diagnose en behandeling, nie reeds in gebruik geneem is nie.

Deel 4: Maandag 2 Desember 2019 TB-lyers vertel uit ervaring hoekom Bedaquiline en Delaminid noodsaaklik is

TB basille

Meervoudige middelweerstandige Tuberkulose skakel pasiënte fisies en emosioneel uit vir jare lank, indien dit nie effektief behandel word nie. Op mediese vlak word daar heelwat vordering gemaak om die impak van die siekte te verminder. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie se riglyne, bepaal nou dat nuwe, mondelinge middels gebruik word, in plaas van ouderwetse inspuitings wat doofheid en blindheid kan veroorsaak. Marlinée Fouché het tydens haar besoek aan Indië, as deel van ‘n studiebeurs, met TB-lyers uit verskeie lande oor dié vorm van TB gepraat, om te hoor hoe die ou- en nuwe medikasie van mekaar verskil.

Deel 5: Maandag 2 Desember 2019 Wat sê farmasuetiese- en generiese maatskappye oor nuwe produkte?

Een van die faktore wat deur farmaseutiese maatskappye oorweeg word wanneer nuwe middels bekendgestel word, is gesondheidsfasiliteite se vermoë om die behandeling suksesvol toe te pas en voort te sit. In ons laaste bydrae oor die verhouding tussen die beskerming van intellektuele eiendom, teenoor toegang tot lewensnoodsaaklike medikasie, het Marlinée Fouché gaan ondersoek instel na die onderstrominge tussen farmaseutiese maatskappye, hulle generiese vennote en regerings…

Lees ook

https://en.wikipedia.org/wiki/Pharmaceutical_industry_in_India

https://www.ibef.org/industry/pharmaceutical-india.aspx

https://www.webmd.com/a-to-z-guides/features/generic-drugs#1

Generiese middels: Enkele feite

“A brand-name drug that could be well over $100 may be as little as $5 as a generic,” says Tod Cooperman, president of ConsumerLab.com, an independent laboratory that tests supplements, medications, and health products.The generic has to have the same active ingredients and in the same amount as the original. But the other ingredients in the pill, such as fillers, can be different. And that can affect how quickly the medication gets absorbed by your body, Cooperman explains.

The FDA allows a 15% difference, either more or less, in blood absorption for a generic compared to the original drug. One analysis of 2,000 studies found the average difference was about 3.5%. You can expect to get similar results when you compare generic and brand-name medicines as well as different batches of the brand name.

For some medicines though, small changes have a big impact in how your body responds and how well the drug works. What matters isn’t necessarily the dose of the medication, but how much of it your body can use, John Meigs, MD, spokesman for the American Academy of Family Physicians, says. With some conditions, a slight difference can have serious consequences.

Several different companies may make the same generic drug, too, but they might use different filler ingredients. So their medications could have slightly different rates of absorption or cause different side effects.