Kan die Regering se nuwe planne vir die spoorweë werk?


Suid-Afrika het ‘n nuwe plan vir die spoorweë. Die minister van vervoer het verlede week meer daaroor bekend gemaak tydens ‘n geleentheid by Prasa se Rhodesfield-stasie in Kempton Park, waar met belanghebbendes in die bedryf gekonsulteer is.

Onafhanklike ekonoom Ulrich Joubert was vir baie jare betrokke by Transnet en ken die vervoerwese goed. Hy deel sy insig oor die regering se jongste spoorwegplanne.