Kan veesiektes totaal voorkom word?


Dis winter, en longontsteking is een van die belangrikste siektes om voor uit te kyk, volgens dr. Danie Odendaal van Veeartsnetwerk. Hy bespreek die faktore wat bydra tot dié veesiekte, en of dit moontlik is om dit heeltemal te voorkom. Heinrich Victor is op sy pos met die wolmarkverslag. Daar is ‘n hele paar wanopvattings oor die Boranbeesras. Sommige voerkrale beskou die Boran as nie geskik vir hulle bedryf nie. Ons praat hieroor met Francois Smit van die Fonteine Boranstoetery in Noordwes.