Kinders, selfone en TikTok


In twee voorvalle in Bloemfontein het twee skoolkinders hulle pogings om hulleself om die lewe te bring, op sosiale media opgeneem. In die een voorval het ‘n laerskoolmeisie haarself om die lewe gebring en dit op TikTok geplaas. In ‘n ander voorval het ‘n seun sy poging op Zoom opgeneem. Na wat verneem word, word die seun in die hoësorgeenheid van ‘n Bloemfonteinse hospitaal behandel. Sy familie glo dit was ‘n ongeluk.

Die voorvalle het ‘n verwoestende uitwerking op familie, vriende en ‘n gemeenskap. Selfone, slimfone en tablette word van aanstaande jaar af in skole in Nederland verbied, en UNESCO het ‘n beroep gedoen om selfone en tablette by skole wêreldwyd te verbied.

Ons praat hieroor met professor Renata Schoeman, ‘n psigiater in Bellville, en hoof van die MBA in Gesondheidsorgleierskap by die Stellenbosch Bestuurskool, en met Marelé Venter, ‘n arbeidsterapeut van Bloemfontein.