Kompas Tydsbeplanner vir Graad 12’s


Athina Jansen het met Elisna Kelly opvoedkundige spesialis wat ‘n tydsbeplanner met die matrieks van 2022 opgestel het, gesels. Sy deel ook hoe jy hierdie tydsbeplanner kan gebruik om jou tyd effektief te bestuur.

 

Die belangrikste vaardigheid

Die belangrikste vaardigheid vir graad 12 en jou eerstejaar is om tyd behoorlik te kan bestuur. Mens doen dit deur ‘n tydsbeplanner. Dis ongesond om aanhoudend te probeer swot tydens eksamens en alles te probeer in forseer. Werk eerder sismaties en leer klein hoeveelhede op ‘n slag. ‘n Oliftant kan net verober word as jy hom stuk-vir-stuk takel.

Hierdie tydsbeplanner is ‘n riglyn vir haalbare studie en sosialiseringstye vir ‘n jongmens. Let daarop dat die vakke hierin genoem slegs as voorbeeld dien. Dit kan vervang word met ander keusevakke.

Tussen 20:00 en 22:00 weeksaande

Kies een vak waaraan jy gaan werk vir die aand. Leer dan net die laaste week se inligting. Byvoorbeeld, Maandae is Wiskunde, Dinsdae is Afrikaans, Woensdae is Engels, Donderdae is Toerisme, Vrydae is RTT. Jy sal op my naweek beplanner plek kry vir die ander twee vakke op ‘n Saterdag en Sondag.

As jy net die bietjie van elke week by bly sal jy vind jy gaan met gemak deur eksamen tyd vlieg.

Moenie later as 23:00 slaap nie. Slaap is onsagtelik belangrik vir die brein.