Kontrakte en testamente; Moslem-huwelike


Hoe raak ooreenkomste en kontrakte wat vroeër gesluit is, die bepalings van ‘n testament? Kan ‘n testament bepaal dat die erflater se bates in ‘n maatskappy geplaas word, en die aandele dan tussen die erfgename verdeel word?

Igna Klynsmith bespreek ook die appèlsaak oor Moslemhuwelike, en die bevinding dat bestaande wetgewing oor huwelike en egskeiding strydig met die Grondwet is.