Kuns met Kontant: Reynardt Hugo gesels openlik


Reynardt, Anna en hul baba Lenn

Deel 1: Reynardt Hugo sê agter sy glansbeeld as Binnelanders se dr. Tertius Jonker, en as oud-lid van van die sanggroep Adam, het daar jare lank probleme geskuil. Sewe jaar gelede het hy besluit om sy lewe om te keer.

Hy het alles wat hom ongelukkig maak en gewoonlik die pad laat byster raak, by die agterdeur uitgegooi en by ‘n psigiatriese kliniek aangeklop. Daar is bipolêre depressie en angsversteurig by hom gediagnosieer. Reynardt is nie meer skaam om oor sy pynlike jare te praat nie, en hy lig die sluier daaroor in hierdie gesprek.

Reynardt Hugo

Al is daar vrese om die die mees intieme besonderhede van sy donkerste seisioen aan RSG-luisteraars bloot te lê, ervaar hy nie skaamte nie. Hy wil ander help om te ontsnap uit die wurggreep van finansiële probleme en verslawing. Hy moes van voor af vir homself lief raak, en tóé eers kon sy vrou Anna weer van voor af vir hóm lief raak. Dis asof die vorige Reynardt nie meer bestaan nie, en dis hoe hulle as getroude egpaar vandag met ‘n seuntjie daaroor dink. Dis in die verlede, dis verby en hy is jare lank nie meer daardie mens nie.