Kuns met kontant: Bok van Blerk vertel


Bok van Blerk

Dit is vanjaar 16 jaar sedert Bok van Blerk se gewilde liedjie, De La Rey, die harte van musiekliefhebbers verower het, en hom een van Afrikaans se grootste kunstenaars van alle tye gemaak het.

Wat jy sien is wat jy kry, en terselftertyd kry Bok dit uitstekend reg om sy passie vir die buitelewe, jag en visvang by sy handelsnaam te inkorporeer. Dit maak hom 100% outentiek en waarborg so die langslewendheid van sy loopbaan; dit verseker ook dat daar nie enige “plastic” van die bedryf op hom afsmeer nie. Hy kom aanvanklik uit die kontrsuksiebedryf; dis nie verbasend dat hy geweet het hoe om sy sangloopbaan op stewige fondasie te bou nie. Koop hy soms impulsief jag- en visvang toerusting? Ja! Weet Bok se vrou wat die werklike koste van sy jag- en visvangtoerusting is? Nee!