Landbouers op Lesotho-grens is raad-op


In die Clocolan omgewing

Landbouers in die Suid-Vrystaat op die Lesothogrens is raadop.

Paaie is onbegaanbaar, grensdrade bestaan nie, patrollies word nie gedoen nie en misdaad ruk hand uit.

RSG Landbou se medewerker, Izak Hofmeyr, het op uitnodiging van Vrystaat Landbou dié gebied besoek. Hy gesels met ‘n boer van die Zastron-omgewing, Corné Smit, Martin de Kock van die distriksboere-unie en dr. Jane Buys, ‘n veiligheidsrisiko-ontleder.

Jano Bezuidenhout van Aartappels SA is ook op sy pos met die aartappelmarkverslag.