Landbou: Bees brusellose; plaaswerkers-welsyn; soetveldbestuur


Plaaswerkers: Volgens die Rooivleisprodusente-organisasie se Kode vir Beste Praktyk is die welsyn van plaaswerkers net so belangrik soos die welsyn van vee. Louis Wessels, voorsitter van die RPO in die Wes-Kaap, verduidelik die kode.
Bees brusellose: Die afgelope tyd was daar ‘n sterk fokus op beesbrusellose, en dr. Danie Odendaal vertel waarom hierdie so ‘n ingewikkelde infeksie is.
Soetveld-bestuur: Ons praat met dr. Mias van der Westhuizen oor goeie soetveldbestuur.
Landelike veiligheid: Sersant Sonia Conradie van die SAPD op Touwsrivier is deur Agri Wes-Kaap aangewys as die landelike veiligheidskoördineerder van die jaar. Ons hoor meer van haar doen en late.